Up ]

Feite Oor TB

    

Het jy geweet.... 

  • Enige een kan TB kry – selfs jy?

  • In Suid Afrika sterf een persoon elke 30 minute aan TB.

  • Die Wes Kaap het die hoogste voorkoms van TB in die wereld!

  • TB kan genees word!

  • TB behandeling is gratis!

 


Ken die simptome van TB.   

  • 'n Hoes wat nie na drie weke beter word nie.

  • Sweet snags al is dit nie koud.

  • Moegheid en moeilike asemhaling.

  • Pyn in bors of boonste deel van rug.

 


Stop TB verspreiding!   

  • Moet NOOIT spoeg en moet NOOIT hoes sonder om jou mond toe te hou nie.

  • Gebruik ALTYD 'n tissue (snesie) of n sakdoek.

  • Gedurende TB behandeling versprei mens nie TB nie.

  • 'n Persoon met onbehandelde TB of onderbroke behandeling kan 10 – 20 ander mense elke jaar aansteek. 

     


As jy wel TB het MOET jy  

  • Behandeling kry.

  • Jou 6 maande behandeling voltooi al voel jy vroeer beter.

  • As jy trek, gaan dadelik na 'n kliniek in jou nuwe area en gaan voort met jou TB behandeling.

 


GEVAAR!   

  • As jy nie jou behandeling voltooi nie, kan jy TB kry wat teen veelvuldige middels bestand is en jy kan selfs sterf !

     


HIV EN TB   

  • Onbehandelde TB is die hoof oorsaak van dood by HIV+tiewe mense omdat hulle minder weerstand het.

  • Dit is 30 keer meer waarskynlik dat n HIV positiewe  persoon TB sal kry as n HIV-negatiewe persoon.

TB in HIV pasiente KAN VERHOED, BEHANDEL EN GENEES word...


Wat is DOTS  

Dit is uit Engels afgelei en beteken :

DIREK (Directly)
WAARGENEEMDE (Observed)
BEHANDELING (Treatment)
KORT KURSUS (Short course)

DOTS ondersteuners help TB pasiente in die gemeenskap, werkplek of kliniek om daagliks hul TB medisyne te neem.
 
ENIGE EEN KAN TB KRY.   TB KAN GENEES WORD!
PRESIDENT MANDELA HET TB GEHAD EN IS GENEES!
 

HOE KAN JY HELP?

Bied jou dienste as n DOTS ondersteuner aan om n TB pasient wie naby jou bly of wie saam met jou werk te help.


Vir meer informasie, kontak:

Jou plaaslike kliniek,
SANTA: TEL(021) 696-5128
(021) 696-6686
TB Care: TEL(021) 400-3782, of
Dept. Gesondheid: TEL (021) 483-2270.
 
Die inligting is deur "United Action Against TB Advocacy Task Group" en
deur die K.M.R. Gesonheidsbronnesentrum aan ons veskaf.