Site Map

 Timeline

 Techniques

 The Handyman

 African Findings 

 Theory vs Theology

 About us

 Home

 Credits

Ape: van Grot tot Rekenaar

Opsomming

In 1924 is die eerste volle skedel van a uitgestorwe 'aap' by die Buxton Limeworks Quarry in die Kaap, Suid-Afrika, gevind. Dit is na Prof. Raymond Dart, 'n paleontoloog by die Universiteit van die Witwatersrand toe gestuur en hy het vir ses weke daarmee gewerk. Toe al die stukkies klip wat aan die skedel vasgesit het verwyder is, was die resultaat ongelooflik - dit was die skedel van 'n ses jarige kind, met 'n gladde voorkop en 'n vol stel melktande, sonder die oogtande en die groot kakebeen van 'n aap wat uitsteek. Die een miljoen jaar oud skedel is 'Taung Baby' genoem, en was die eerste van baie ontdekkings in Afrika, wat prehistoriese mense behels. Hierdie 'web site' ondersoek die ontdekkings van prehistoriese mense vanaf 1924, en hoe ons dit doe id op hierdie bladsy opgesom.

"Timeline"

Die honderde ontdekkings in Afrika het dit vir wetenskapikes moontlik gemaak om ,wat ons hoop, 'n volledige lys van prehistoriese mense saam te stel wat een of ander tyd die kontinent bewoon het. Ons tydlyn lys van hierdie aapmense en hul periode van bestaan. Dit sluit ook aan by ons bladsye oor Australopithecus en Hominiede wat 'n kort beskrywing van elke spesie gee.

"Findings in Africa"

Belangrike ontdekkings het in Kenya, Ethiopië, Tanznië, Zambië en Suid-Afrika plaasgevind. Hierdie seksie van die 'site' het 'n lys van die ontdekkings in hierdie lande met 'n bietjie meer inligting oor wanneer hierdie ontdekking plaasgevind het. Voorbeelde van hierdie ontdekkings is Lucy, Mrs Ples en Little Foot.

"The Handyman"

Soos ons titel sê, vat ons 'n goeie kyk na hoe die aapmens deur die tyd tegnologies gevorder het. Daar is nie baie nie - die enige bevordering wat ons van weet is mens se vermoë om vuur te gebruik en om steen gereedskap te maak. Al die ander bevordering het met die moderne mens gebeur, 'Homo sapiens sapiens'.

"Techniques used in the field"

Hierdie deel is 'n baie lekker deel vir al die paleantoligiste van die toekoms. Dit verduidelik hoe om fossiele uit die rots te haal, hoe om dit te analiseer om uit te vind hoe oud, watter geslag en watter spesies dit is. Dit eindig met 'n 'mini-quiz'. In dit is die gebruiker informasie gegee en hy of sy moet 'n gevolgtrekking van dit maak.

"About Us"

Hierdie is kort aantekininge oor die skrywers. Dit vertel jou meer oor ons en hoe ons span ontstaan het. Leer meer oor die skeppers van hierdie projek en skryf dan vir ons, sodat ons meer van jou kan leer!

Translated by Cathy van Harmelen and Karen Milford, assisted by Mrs M van Staden