Geelslang

Naja nivea


Lengte: Volwassenes gemiddeld 1,2 tot 1,4 m, selde langer as 1,6 m. Die langste een is in Aus opgeteken en was 1,867 m.


Skubtelling: Middellyfskubbe in 19-21 rye, met 195-227 pensskubbe en 50-68 gepaarde onderstertskubbe. Die anale skild is heel. Daar is 7 bolipskilde - die 3de en 4de raak aan die oog - en 9 (soms 8 of 10) onderlipskilde, sowel as 1 vooroogskild en 3 (soms 4) agteroogskilde. Temporale skilde wissel, gewoonlik 1 + 3.


Kleur: Wissel baie, van geel tot rooibruin, tot swart. Sommige van die meer bekende variëteite, met ander tussenin, is: (a) heldergeel rugkant - onvolwassenes het 'n breë donker band oor die keel en sommige eksemplare het bruin vlekke; (b) 'n helder blink oranjebruin tot bruin rugkant, soms met donkerder of ligter vlekke; (c) blink donkerbruin tot swart rugkant en onderkant. Die geel fase is wyd versprei; die swart fase is beperk tot die Noordwes-Kaap. In die Suidwes-Kaap word goudbruin, bruin gespikkelde en heldergeel eksemplare aangetref.


Voorkeurhabitat: Fynbos, karoostruikgewas, dorre savanne en die Namibwoestyn waar dit knaagdiergate, verlate termiethope en, in dorre streke, rotsskeure bewoon. Dit word dikwels naby woonhuise op place, veral in die Karoo, aangetref. Leef ook in gedeeltelik ontwikkelde voorstede en plakkersgemeenskappe waar dit huise binnegaan om aan die hitte van die dag te ontsnap. Grotendeels tot die Wes-, Oos- en Noord-Kaap beperk, maar kom ook in die Vrystaat, Botswana en Namibië


Gewoontes: Hierdie middelgroot, slanke kobra met sy breë kop is bedags en vroeg saans aktief wanneer dit op soek na kos teen borne kan opseil. Dit plunder die Versamel­voël (Philetairus socius) se neste. As dit aangeval word, sal hierdie slang horn altyd na die vyand keer en sy kop breed en indrukwekkend bak maak. Dit kan nie gif spoeg nie. Sal maklik uit verdediging pik. As die aggressor bewegingloos bly, sal die slang you op die grond terugsak en wegbeweeg, maar weer sy verdedigende houding inneem sodra by beweging merk. Die Geelslang is dikwels verantwoordelik vir die verlies van vee waarvoor slange coos die skaapstekers (Psammophylax-spp.) die skuld kry. Die Geelslang is endemies aan Suider-Afrika.


Soortgelyke spesies: Geelslange se kleur wissel baie en hulle kan met ander kobras (Naja-spp.) en met die Molslang (Pseudaspis cana) verwar word.


Vyande: Die siwetkat (Civettictus civetta) en meerkatte, roofvoëls en ander slange.


Kos en eetgewoontes: Vang knaagdiere, voëls, ander slange, akkedisse en skurwepad­das. Seil in borne op om by kuikens in neste te kom en versamelvoëls se neste te plunder.


Voortplanting: Ovipaar. Lê 8-20 eiers (60-69 x 24-30 mm) in die midsomer. Pas uit-gebroeides is 34-40 cm lank.


Gevaar vir die mens: 'n Uiters gevaarlike kobra wat nie terugdeins as dit gekonfron­teer word nie. Byte is dikwels noodlottig weens asemhalingsversaking.


Gif: 'n Hoogs neurotoksiese gif, die kragtig­ste van enige kobra in Afrika. Soos in die geval van 'n Swartmamba (Dendroaspis polylepis) se byt, kan kunsmatige asemhaling die slagoffer aan die lewe hou totdat genoeg teengif ingespuit is. Byte is dikwels noodlot­tig en in die Kaapse provinsies is hierdie slang verantwoordelik vir die meeste van die slangbytsterftes onder mense.


Noodhulp: Noodhulp